|
Die Helpmekaar-Studiefonds stel hom ten doel om lenings beskikbaar te stel
aan belowende Afrikaanssprekende studente vir studierigtings wat ’n goeie kans
tot indiensname en ondernemerskap bied.
Die Fonds diskrimineer nie op grond van ras, kleur, geslag of geloof nie en
streef daarna om studente in staat te stel om vir die duur van hul kursusse al
hul finansiële verpligtinge na te kom.
Die aktiwiteite van die Helpmekaar-Studiefonds is op Christelike waardes
gegrond en is toekomsgerig. Deur ’n belegging te maak in die talente en vernuf
van die jeug, beïnvloed Helpmekaar die toekoms positief. |